One man's comments on everything


Monday, June 18, 2012

Oplossings vir Suid Afrika

Ons betree almal baie gevaarlike terrein wanneer ons wil voorgee dat ons al die antwoorde het.  Ons het nie. Dit is egter so dat dit somtyds nodig is om na oplossings te soek en voorstelle daaroor te maak. Die grootste uitdaging is egter die inwerkingstelling daarvan.  Soos ons almal weet is die huidige karakters in beheer van sake in die land se regering al bietjie meer as 18 jaar daarmee besig en gebeur weining om oplossings vir die probleme te vind.  
Dalk is die groot rede daarvoor dat hulle nie weet wat die werklike probleme is nie. Elke koerant (veral die op Sondae) het natuurlik die antwoord daarop maar moet daar aanvaar word dat diegene in beheer beter dinge het om te doen as om koerante te lees.
Hier is my stuiwer in die armbeurs :   Die top probleme en my voorstelle van hoe dit hanteer moet word : (In volgorde van belangrikheid):

1.      Werkloosheid :    Werklike syfers is waarskynlik nie baie akuraat nie maar dis in die miljoene.   Die formele sektor en staatsdiens is nie by magte om veel hieraan te doen nie.
Die voor die handliggende oplossings hier is Entrepreneurskap en Kapitaal projekte - groot en verbeeldingrykes !  


a)      Entrepreneurskap kan bevorder word deur onder andere onslae te raak van die lastigheid van BEE.  Die kennis is juis gesetel in die 10% of wat persone wat effektiewelik deur BEE uit die ekonomie gesny word.  Hier is n model wat skrywer reeds aan verskeie SETAS voorgestel het in n poging om befondsing te verkry:   Skep nuwe entrepreneurs besighede op die beginsel van 90% aandeelhouding vir nuwe intreders en 10% vir Mentors. "Mentors" in die sin is juis diegene met kennis en wat in terme van BEE uitgesluit is uit die ekonomie. Die werking van die Mentors sal juis wees om te sorg dat die intreder behoorlik opgelei word en dat alle administrasie volgens besigheidsreels geskied.  


b)   Vindingryke en Verbeeldingryke kapitaal projekte ( Soos die Medupe kragstasie)  Dit sal nie baie neem om Suid Afrikaners se gedagtes te ontsluit oor moontlike nuwe projekte nie .  'n Projek wat werkskepping en masse kan bevorder is byvoorbeeld die opgradering van Suid Afrika se paaie.  Die belangrikste element wat uit sulke projekte gehou moet word is natuurlik buitelanders se inmenging en roof van ons broodnodige hulpbronne en fondse ( Die etol debakel is 'n goeie voorbeeld van hoe dit nie gedoen moet word nie ) 


2.   Sekuriteit en Polisiering.   Dit sal waarskynlik nodig wees om die probleem van die beeld van die polisie te verbeter deur die huidige bestel as 'n "projek" te sien wat verbeter moet word. In so 'n geval sal daar van "projek" bestuurders gebruik gemaak moet word en nie van "Drankwinkel" eienaars nie.  


3.  BEE   Suid Afrika is die enigste land ter wereld waar die 90% meerderheid wetgewing nodig het om hulle teen die inmenging van 10% van sy bevolking in die ekonomie te vrywaar.  Wat die die 90% met die tyd begin besef het is dat die stelsel nie die 90% bevoordeel het nie en dat die 10% net van sterkte tot sterkte gaan.  Iemand met waagmoed in die "Magte en Kragte" in beheer moet net besef dat die skraping van BEE die land se inherente kennis wat opgesluit is in die 10% "Voorheen bevoordeeldes"  sal onsluit en 'n stortvloed van bronne beskikbaar sal stel wat ons nie in ons wildste drome kon  voorstel nie ! 


4.  Besluitloosheid en gebrek aan aksie.  "Getalmry" het nie die impak wat die Engelse woord Procrastination het nie maar dis presies waarom baie dinge beplan word en nie uitgevoer word nie.  Weereens is die gebrek aan behoorlik opgeleide en gefokusde projekbestuurders die rede waarom projekte nie van die grond af kom nie.   Die Gautrein projek en die Medupe kragstasie is voorbeelde van dinge wat beplan en gebeur het. Waarom kan die regering nie sy werkskeppings projek van die grond af kry nie ?   Stel professionele bestuurders aan en hou op om na die Kaders te kyk .    Hulle kon nie eers 'n AK47 behoorlik diens nie !