One man's comments on everything


Thursday, June 9, 2011

Afrikanerskap - Is ek of is ek nie ?

Blankes wat Afrikaans praat noem hulle self graag Afrikaners. Dis die eerste "Afrikanerskap" Kriteria.  Ek het geen probleem daarmee nie en in daardie konteks is ek ook 'n "Afrikaner".  Dan begin die mutasies van die definisie:  Politiek kruip in. Rassisme kruip in. Nou het jy 'n "regse Afrikaner" , 'n "boere Afrikaner" ens ens.
Kom ons praat 'n bietjie oor die verlede van die "trotse Afrikaners"  Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Kan jy hiermee identifiseer of kan jy identifiseer met die gesiglose "Afrikaners" wat daagliks in die koerante se kommentaar kolomme smerige, neerhalende rassistiese opmerkings maak asof dit enigiets gaan doen aan die uitdagings wat ons in die gesig staar? Diegene wat oenskynlik "oplossings" het wat hulle gladnie weet hoe om te implimenteer nie.

Ek was nou maar net vanoggend lus vir so 'n bietjie keelskoonmaak nadat ek weer so 'n sinnelose rassistiese idiotiese ( byvoeglike naamwoorde kan 'n bladsy vol maak)kommentare na een van Beeld se berigte gelees het.  Lees net 'n bietjie van hierdie kommentare as jy die gees van "Rusbank gesiglose Afrikaners" wil waarneem.

Hierna verwys ek na myself as 'n Suid Afrikaner - Punt !

No comments: