One man's comments on everything


Tuesday, February 16, 2010

Besigheidsgeleenthede en MLM

 n Vriend het my die week gevra na my opinie oor n besigheidsgeleentheid wat hy ondersoek by die MLM
(Multilevel marketing ) maatskappy Manatech.  Hierdie was my antwoord :

Ek dink ek is die verkeerde ou om te vra vir ’n opinie oor MLM.  Ek het eenvoudig te veel navorsing daaroor gedoen en ongelukkig is die negatiewe hier baie groter as die positiewe.   Daar is nie een enkele MLM maatskappy waar meer as 10% van die verspreiders geld maak nie! 

Soos jy waarskynlik agtergekom het, dink ek nie veel van MLM nie .  Die Spesifieke maatskappy(Manatech) was al op my ondersoek lys en is daar vir my te veel onbe-antwoorde vrae.  Hulle produkte het nie SABS merk nie – Na die debakel met Simply slim kan jy verwag dat die Mediesyne Raad op al hierdie tipe produkte gaan toeslaan.  Daar is eenvoudig nie wetenskaplike bewyse vir dit wat hulle sê hulle produkte doen nie. Dit is ”Getuienis” gebasseer – en ons weet hoe maklik dit is om te fabriseer.

Die grootste probleem wat ek het met MLM as bemarkingsmetode is dat jy nie die vlak van kennis en opleiding van die downline kan beheer nie – Die oningeligtes leer die oningeligtes leer die oningeligtes ens ens. (Dit word ook genoem die verlies van inligting deur skakels)  Indien ’n fout inkruip in die eerste ”laag” van die piramide sypel dit vinnig deur na die ander lae.  Daar is werklik goeie besigheidsgeleenthede in die normale vraag en aanbod stelsel waar werklik geld gemaak kan word.   Ons beplan binnekort ’n besigheidsgeleentheid skou waar ons hierdie geleenthede gaan bemark.

Wat betref die oudword proses kan jy gerus hierdie artikel gaan lees:


Die webblad www.quackwatch.com het baie interesante leesstof  oor allerhande middels en medisyne.
 

“But that is only one man’s opinion” soos my goeie vriend Wayne Bisset sal sê   (http://www.mygenius.com

No comments: